kykNET-Rapport 2020: Kortlyste vir resensiepryse

Die kortlyste is bekend gemaak vir vanjaar se kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse waarmee erkenning gegee word aan uitnemende Afrikaanse resensies wat in 2019 verskyn het. Drie pryse word toegeken: vir Afrikaanse resensies oor Afrikaanse fiksie en niefiksie onderskeidelik sowel as langer, tipies akademiese resensies.

Dié jaarlikse pryse is ingestel om die belange van boeke en die leesgenot van boekliefhebbers te bevorder deur die wêreld van Afrikaanse boeke toeganklik te maak. Dit dien ook as aanmoediging om hoë standaarde in die Afrikaanse boekjoernalistiek te handhaaf.

Vanjaar se keurders was die boekjoernalis en digter Bibi Slippers, joernalis en skrywer Jomarié Botha en regisseur, skrywer en joernalis Mercy Kannemeyer.

Die kortlyste is in alfabetiese volgorde soos volg:

Fiksie:

Die aantal en gehalte van fiksie-inskrywings het aan vier resensente ’n plek op die fiksie-kortlys besorg.

Niefiksie:

Langer resensies:


Volgens die sameroeper van die keurpaneel, Bibi Slippers, is dit vanjaar ’n besondere kopseer om wenners te moet aanwys. “Veral die algehele gehalte van inskrywings in die niefiksie-kategorie is merkbaar beter as vorige jare. In beide die fiksie- en niefiksie-kategorie is daar meer uitskieter-resensies as waarvoor ons op die kortlys kon plek maak. Daar is vanjaar nuwe resensente wat ons verras het met sterk inskrywings en verskeie gereelde resensente van wie meer as een inskrywing ‘n aanspraakmaker op die prys was.”

Die wenners word op Saterdag 19 September 2020 aanlyn aangekondig saam met die wenners van die kykNET-Rapport Boekpryse. Die skakel na die aankondiging sal op kykNET en Rapport se Facebook-blaaie beskikbaar wees.

Vir meer inligting oor die pryse, kontak asseblief die administrateur, Anita van Zyl, by anita@vanzylpr.co.za of 021 422 3350/083 709 6677.